Suzette Kotzé-Myburgh werk al 25 jaar in die uitgewersbedryf, die laaste sestien jaar as vryskut. Sy het ʼn BA-graad met lof behaal aan die Universiteit Stellenbosch, gevolg deur ʼn honneursgraad in joernalistiek. Benewens teksredigering doen sy ook manuskripkeuring, proefleeswerk, vertaling, projekbestuur, selfpublikasies, redigeeropleiding, boekresensies, onderhoude vir Skrywers en Boeke op RSG en filmresensies vir LitNet. Sy is die samesteller en medesamesteller van verskeie titels.